Skip to content

Meer oor 

Korporatiewe besprekings

Tegniese fasiliteite

Wat hierdie 400-sitplek, ouditorium-styl teater van enige ander konferensielokaal van soortgelyke grootte onderskei, is die tegniese toerusting wat in die teater geïnstalleer is.

Tegniese ondersteuning op die perseel is by die verskillende konferensiepakkette ingesluit. Die teater beskik ook oor ʼn noodkragopwekker wat in die hele teater se elektrisiteitsbehoeftes kan voorsien.

Korporatief
Korporatief

Ligging

Die teater is ideaal geleë reg langs die N1-hoofweg in Lynnwood Manor in die ooste van Pretoria. Dit maak deel uit van die toonaangewende Lynnwood Bridge Retail-ontwikkeling.

Korporatief

Meer inligting

Die teaterkompleks sluit ʼn produksie- en opnameateljee, Odyssey Records, in, wat vir die opname van vertonings, konferensies, CD’s, DVD’s en stemoorklankings gebruik kan word. Met toegang tot ʼn groot databasis van Suid-Afrika se topkunstenaars en
-musikante, kan die ateljeespan hulp verleen met spesiaal vervaardigde musikaleteaterproduksies om daardie X-faktor aan enige konferensie-ervaring te verleen.

Die Atterbury Teater is ook tenvolle toegerus om lewendige stroom funksies aan te bied met verskeie pakket opsies volgens wat jy benodig. Dit sluit in kameras, kamera operateurs, ‘n stabiele stroom platform en die nodige skakels om dit met jou kliënte te deel.

Die teater kan omskep word in ʼn korporatiewe aanbiedingslokaal.

  • Maksimum 400 gaste
  • Projektor en podium vir aanbieding
  • Verversings in die voorportaal

    Aansitetes as deel van konferensies en teatervertonings kan in die voorportaal gehou word.

    • Maksimum 150 gaste vir aansitetes in die voorportaal

      Ons bou ʼn unieke funksie volgens jou behoeftes.

      • Konferensie gedurende die dag
      • Aansitete/Skemerkelkie/
        Vingerhappies in die voorportaal ná afloop van die geleentheid

        Kontak ons vir ʼn korporatiewe bespreking

        Jané Roets
        012 942 5951
        jane@atterburytheatre.co.za