Meer
Oor ons

Wie ons is
Die Atterbury Teater is ʼn voortreflike ouditorium styl teater wat akoesties optimaal toegerus is. Die teater is ideaal geleë op die hoek van Lynnwoodweg en Daventrystraat in die ooste van Pretoria as deel van die Lynnwood Bridge Retail-ontwikkeling.
Die foyer area het ‘n kroeg waar gaste ‘n drankie kan geniet voor die vertoning terwyl hulle die uitsig oor Pretoria geniet
Die Atterbury Teater het sy deure in 2011 geopen en het oor die laaste 11 jaar al meer as 500 000 mense verwelkom vir ‘n verskeidenheid van opvoerings, musiek en kuns.
Atterbury Teater val onder die vaandel van Atterbury Trust, ‘n welwillendheidsorganisasie wat opvoedkundige-, kuns-, kultuur- en gemeenskaps-inisiatiewe in Suid-Afrika onderneem en ondersteun. Lees meer: atterburytrust.org.
Argitektoniese styl
Die geboë ouditorium troon bo die aangrensende kleinhandelontwikkeling uit en skep sodoende ʼn besonderse landmerk in die ooste van Pretoria. Die teater loop op die grondvloer op ʼn piazza uit waar dit deel uitmaak van die vier afsonderlike kleinhandelgeboue.
ʼn Akoestiese ingenieur het ʼn spesifieke ontwerpmodel gevolg om die vorm, hoogtes, volumes en oppervlakafwerkings van die ouditorium te bepaal.
12 jaar se syfers
12
jaar van bestaan
3 215
vertonings/produksies
1M+
voete deur die deur

Kontak ons
Algemene navrae: info@atterburytheatre.co.za
Kaartjienavrae: info@seatme.co.za
Teaterhuur: ruan@atterburytheatre.co.za
Korporatiewe navrae: jane@atterburytheatre.co.za
Studionavrae: fuzz@odysseyrecords.co.za