Meer oor
Teaterhuur
Teaterhuur
Attrebury Teater is ‘n 400 sitplek, auditoriumstyl teater met ‘n 10 x 8 meter verhoog en 4 aantrekkamers.
Kontak ons gerus vir teaterhuur pryse.
Teaterhuur sluit die volgende in:
- 400 sitplekke (ouditoriumstyl)
- Tegniese toerusting
- Tegniese operateurs
- Kaartjieverkope platform
- Kroegfasiliteite en personeel
- Veilige onderdakparkering
- Lugversorging
- Wi-Fi
- Rolstoelvriendelik
- Kragopwekker
Kontak: ruan@atterburytheatre.co.za


Korporatiewe besprekings
Die Atterbury Teater is ʼn optimaal toegeruste 400-sitplek, ouditorium-styl teater. Verskeie funksies kan hier aangebied word, insluitend korporatiewe en galafunksies, konferensies, konserte en vele meer. Die teater en foyer kan volgens elke kliënt se behoeftes omskep word.
E-pos: jane@atterburytheatre.co.za

Meer inligting
Die teaterkompleks sluit ʼn produksie- en opnameateljee, Odyssey Records, in, wat vir die opname van vertonings, konferensies, CD’s, DVD’s en stemoorklankings gebruik kan word. Met toegang tot ʼn groot databasis van Suid-Afrika se topkunstenaars en
-musikante, kan die ateljeespan hulp verleen met spesiaal vervaardigde musikaleteaterproduksies om daardie X-faktor aan enige konferensie-ervaring te verleen.
Die teater kan omskep word in ʼn korporatiewe aanbiedingslokaal.
- Maksimum 400 gaste
- Projektor en podium vir aanbieding
- Verversings in die voorportaal
Aansitetes as deel van konferensies en teatervertonings kan in die voorportaal gehou word.
-
Maksimum 150 gaste vir aansitetes in die voorportaal
Ons bou ʼn unieke funksie volgens jou behoeftes.
- Konferensie gedurende die dag
- Aansitete/Skemerkelkie/
Vingerhappies in die voorportaal ná afloop van die geleentheid
