Skip to content
Woord-en-Musiek-Portchie-en-Jak-de-Priester_Event-Banner_1200x628

Woord & Musiek met Portchie en Jak de Priester

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 250 ZAR

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars. In Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square vind ons uit wie is die man agter die kleurvolle skilderye.

Met sy verbysterende sukses kan daar met reg na Portchie verwys word as ’n grensverskuiwende kunstenaar, maar langs die pad was daar oorgenoeg struikelblokke. Ten spyte van kritiek, het hierdie veelvlakkige persona ’n eenvoudige resep wat aanhou om kunsliefhebbers en -versamelaars te betower.

Jak de Priester neem Portchie op ’n reis deur sy grootword jare van Tweeling tot Trafalgarplein in Londen. Die twee maak heerlik musiek op die klavier en Jak sorg vir bekende musikale treffers. Portchie se verhaal is een van hoop, van liefde en deernis, en van treffende eenvoud.

Kom kuier saam, ontmoet vir Portchie en laat hy jou boek teken.