Skip to content
Woord-en-Musiek-met-Deon-en-Marita_Event-Banner_1200x628

Woord & Musiek met Deon Meyer en Marita van der Vyver

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 120 ZAR

Woord & Musiek met Deon Meyer en Marita van der Vyver – met Hannes van Wyk in gesprek en Coenraad Rall op klavier.
8 November 2023. Atterbury-teater, Lynnwood Bridge, Pretoria.

Dit gebeur nie elke dag dat twee van ons land se gewildste skrywers saam op die verhoog te sien is nie. Hannes van Wyk, Kwêla-aanbieder en aanbieder van Hannes aan huis, gesels met Deon Meyer oor sy nuwe boek Leo en Marita van der Vyver, al die pad uit Frankryk, oor haar nuwe roman Laaste kans.
Coenraad Rall sorg vir die musiek.

Leo deur Deon Meyer

“Benna, dis crazy. Ons werk vir ’n no-name, no-prestige outfit, ons moet lieg soos criminals, en ons jaag spoke van twaalf jaar terug. Ek sê jou, dis die end times dié.”
Bennie Griessel is boonop bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, ’n datum wat op hom afkom soos ’n sneltrein. En hy’s glad nie reg vir dié ding nie.
Dis ’n resep vir ’n ramp.
Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Laaste kans deur Marita van der Vyver

’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette wat haarself nie sover kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.