Vrouemaand-rondetafelgesprek
Atterbury Theatre
4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081
Nasionale Vrouedag word in Suid-Afrika jaarliks op 9 Augustus gevier – ter herinnering aan vroue se durf en daadkrag. Augustus word tradisioneel as Vrouemaand herdenk wanneer daar opnuut oor vroueregte besin word. Die Afrikaanse Taalraad in samewerking met Die Dameskring, Atterbury Trust en ATKV vier vrouemaand en vrouwees met ʼn rondetafelgesprek met die tema: Afrikaans as moedertaal vandag – wat is die impak?
Elke vrou het ʼn unieke stem en invloed, hoe gebruik jy joune? Kom luister gerus na wat vroue te sê het oor hul invloed in die keuse van taal.