Skip to content
Facebook - touch of 2

Vadersdag saam met Touch of Class

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 180 – 220 ZAR

Die bekroonde duetgroep, Touch of Class, is in 1989 deur Deon van der Merwe en Ronell Erasmus gestig en spog vandag met verskeie albums op hul kerfstok. Hulle het groot opslae gemaak met die liedjie Ek en my Meisie waarvan die album met dieselfde titel ook platinumstatus bereik het.

Die unieke kombinasie van Deon van der Merwe met sy kitaarklanke en ’n sanger met ’n goue stem is die wenresep vir dié groep.

Dusty Dixon is die nuwe lid van Touch of Class nadat die voormalige sanger, Ruhan du Toit, sy loopbaan as solo-kunstenaar aangegryp het. Ruhan was sedert 2012 deel van Touch of Class nadat Ronell op haar solo-loopbaan as Gospel-sangeres wou konsentreer.

Hul toor met musiek vanuit ’n verskeidenheid genres, eras en musiekstyle. Oud én jonk vind aanklank by dié groep wat aanvanklik agtergrondmusiek vir kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz verskaf het.

Hul vrystelling, Stille Soldate wat die hartsnare roer as dit afskop met ’n eerlike vraag of die manne wat hul lewens op die grens verloor het dan vergete is.

Stille Soldate, ook die titelsnit van dié duo se nuwe album, is ’n treffende ode aan almal wat op die grens gesneuwel het. Dit neem jou op ’n nostalgiese reis terug na die tyd toe 18-jarige jong seuns hartverskeurend deur geliefdes gegroet is om hul plig op die grens na te kom.

Kom geniet ‘n heerlike spesiale Vadersdag vertoning deur hierdie dinamiese duo!