Skip to content
Terminaal 3 Atterbury 1200x628 trust

Terminaal 3

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 240 ZAR

In ’n hospitaalwagkamer wag ’n jong getroude paartjie op die geboorte van hul eersteling, terwyl ’n geskeide ouerpaar wag om die lyk van hul 19-jarige kind uit te ken. Terminaal 3 is ’n aangrypende drama wat handel oor die skade van eiebelang en wat dit aan kinders doen. Dit beloof om een van 2022 se teaterhoogtepunte te wees. Lars Norén, wat beskou word as die grootste Sweedse dramaturg ná August Strindberg, se werke word wêreldwyd opgevoer en is bekend vir die emosioneel treffende aard daarvan.

“ The couples don’t interact, but their stories hauntingly reflect and bounce off one another. The puzzle is revealed as the four individuals all seem to be fighting for their particular lives – not in unison but uniquely alone. It is the way the story is told and played with remarkable aplomb, the discomfort of the viewer as specific dilemmas are discussed and discarded, and the almost clinical way in which life and death are juggled. It’s the way we think we can plan our lives, the curve balls that have to be manoeuvred and manipulated, and in particular how both writer and director scramble our thought processes. It’s the originality of the piece that delivers the knockout blow.” – Diane de Beer

Ons bedink en beplan ons lewens en word soms gemanipuleer deur die realiteit. Die oorspronklikheid van hierdie werk is die ware uitklophou!

Met: Anna-Mart van der Merwe, André Roothman, Stian Bam, Edwin van der Walt en Carla Smith

Teks: Lars Norén

Regie en stelontwerp: Marthinus Basson

Produksie- en verhoogbestuur en beligting: Nicolaas de Jongh

Assistentverhoogbestuurder: Amber Fox-Martin

Moontlik gemaak deur: Johan Brink Trust

Pretoria speelvak ondersteun deur: Atterbury Trust

Genre: Drama