Skip to content
Konsep 3

Sjarrap en eet jou kos! – Ilne Fourie

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 200 ZAR

Harde eiers? Sagte eiers? Warm melk of koue melk? Wit brood of bruin brood? To be or not to be? Was Shakespeare dan ook ‘n waiter? In hierdie bekkige toneelstuk steek Fourie die draak met kliënte wat sy bedien het as kelnerin. Daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek en tee tot jy sal skater van die lag. ‘n In diepte kykie van wat agter die skerms…of sal ‘n mens liewer sê skinkborde gebeur! ‘n Dag in die lewe van ‘n kelner is alles behalwe koek en konfyt!

Die Vrystaatse dramaturg en aktrise, Ilne Fourie, se komiese Sjarrap en eet jou kos! is al as “briljant” en uitstekend” deur RSG-luisteraars beskryf. Haar lekkerlag-vermaak is deur ander met “volpunte” bekroon en iemand het bygevoeg dat dit tot “giggel op giggel” gelei het – Kobus Burger