Skip to content
FB Banner nat

SIX IN A BOAT – Nataniël

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 290 ZAR

Ses figure in ’n skuitjie, is dit vlugtelinge, vakansiegangers, vissermanne of lewensredders? Met stories in Engels en Afrikaans, splinternuwe musiek, unieke kostuums en ’n geselskap van uitmuntende musikante keer Nataniël terug na die Atterburyteater met sy gewilde produksie.

Hy deel die verhoog met Marcel Dednam (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) asook sangers Dihan Slabbert en Nicolaas Swart. Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Geen pouse
Geen selfone
Geen kortbroeke
Geen kinders onder 15
Geen drank in ouditorium
Kroeg sluit 15 minute voor die vertoning
Kaalkopwinkel in die foyer