Skip to content
FB Banner - Rocco

Rocco de Villiers – My Hande is my Rande

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Kaartjies - 260 ZAR

Terug op publieke aanvraag, en gebaseer op ’n ware gebeurtenis is My Hande is my Rande ’n instrumentale vertoning met kraakvars nuwe musiek uit die pen van Rocco de Villiers.

In die vertoning vier Rocco met sy musiek sy liefde vir Meiringspoort, besin hy oor die vermistes agv die pandemie met Ek vermis jou, waardeer hy sy hande met sy nuwe treffer My Hande is my Rande, besing die groen landskap van Suid Afrika en ook ’n nuwe spog Kersfeesstuk, Wat doen julle vir Kersfees?  vir klavier en sy orkes.

Al die musiek vorm deel van sy splinternuwe digitale album.

Oudergewoonte is saam met Rocco op die verhoog Lizelle le Roux op viool en Hansie Roodt op kitare.  Vir die vertoning voeg hulle egter die jong talentvolle Nicole Sutton op saksofoon by om die 4-stuk ’n fees van klank te maak.

Saam speel hulle nuwe musiek & vorige gunstelinge soos Liewe Hemel Liewe AardeMusic BoxKortbroek Langkouse en Chariots of Fire ingeweef in die program.

Rocco stel ook sy splinternuwe debuut digbundel, Die eiesoortiges bekend, en die gehoor kan self ‘n paar voorlesings verwag.