
Rocco De Villiers – KLAVUUR
KLAVUUR bring hitte die winter. Splinternuwe witwarm musiek uit Rocco se pen. Met nuwe gloeiende titels soos GEEN DISCO VIR OUMANS, ONS ALMAL KYK NA DIESELFDE MAAN, DIS WINTER DIE LENTE en WAARDE VAN DIE WARMLAPPIE is die warmplaat op hoog gestel. Met Rocco stomend agter die klavier, Hansie Roodt soos altyd vuurwarm op kitaar en boksdrom en ’n nuwe byvoeging tot Rocco se orkes, blouwarm baskitaar speler Janu Botes. Rocco se musiek soos altyd het sterk ritmes, melodieë wat jy onthou met ondertone van dansmusiek. Hierdie keer speel hy rond met rock-invloede en die kitare gaan skree van die hitte. Moenie wag nie, brand jou vlam hoog die winter met
Rocco en sy orkes.
Rocco gesels oor sy inspirasies, sy land, oudword, jonk van gees, omgee, nie omgee en kunsmatige intelligensie.
NUWE ROCCO T-HEMDE, SOKKIES EN BOEKE BY DIE DEUR TE KOOP.