Skip to content
Atterbury_Facebook[14] Raaf

RAAF

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 250 ZAR

RAAF stel hulle debuut album, PREDIKER, bekend met splinternuwe musiek en ou gunstelinge. Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie.

RAAF is ‘n multi-instrumentele folk-pop duo van Kaapstad. Esté en Lourens Raaf maak al vir meer as ‘n dekade saam musiek oor hul reise en liefde vir die lewe. Daar is onlangs in die media na dié twee as ‘n fenomena verwys, ‘n duo waarvan die genre nie werklik beskryf kan word nie en iets totaal vars vir die Suid-Afrikaanse musiek landskap. Hulle gehore strek letterlik deur elke ouderdomsgroep en gehoorlede beskryf RAAF as ‘n moet-sien en ‘n lewensveranderende musiekervaring. Dis ruk-en-rol, dis hard, teer, dit los jou geïnspireerd, dis die toekoms van Afrikaans. Hulle optredes is ‘n musikale spektakel waartydens hulle tussen 12 instrumente afwissel (soms speel hulle selfs meer as een op ‘n slag).

Daarmee saam, het RAAF se oorspronklike komposisies al meermale top posisies op radio speellyste geniet.