Skip to content
facebook y not

Pardoemsie: Y-not Drama Studio

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 150 ZAR

Pardoems is Tinka se hond. Sy het besluit om ‘n trou venue vir diere te begin. Pardoems is bietjie oud en moet ‘n jong hondjie kies uit ses moontlike kandidate.

Oupa Klasie en Ouma Bessie, die muisegpaar, daag op vir hulle tweede huweliksbevestiging maar dan loop alles verkeerd. Boonop daag daar Zonkiane wat goedjies steel by die venue op. Theodorus Tandmuis se geldsakkie raak weg. Sou die Skieriebonkie iets daarmee te doen hê?

Tot Ouma Bessie se frustrasie raak Oupa Klasie se maag onderstebo van al die spinasie. Gaan hulle troue ooit plaasvind en watter jong hondjie gaan ou Pardoems kies om hom te kom help?