Skip to content
FACEBOOK - ouma Margit

Ouma is Op pad met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier)

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 220 ZAR

Ouma is Op pad met Margit Meyer-Rödenbeck; Teks, lirieke en Regie: Jurgen Human; Musikale verwerking en pianis- Coenraad Rall
Geen onder 14- Taal

Dolla het einde 2021 finaal haar stiletto’s opgehang, maar haar Ouma van Garies het nou moeg geraak van net op die plaas sit en haar tas gepak en sy is op pad! Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ʼn formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie Ken nie, En “takt” is een van hulle.