Skip to content
FACEBOOK - nats

Nataniël – ROME ’62

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 300 ZAR

Op 10 Oktober keer Nataniël terug na die Atterbury teater, Pretoria, met ’n splinternuwe vertoning, ROME ’62.

By ’n kermis in die Vrystaat is daar ’n stalletjie waar tweedehandse klere verkoop word. Tussen die rye moeë kledingstukke hang ’n besonderse uitrusting, handgemaak deur ’n gesogte Italiaanse ontwerper. Hierdie ontdekking, ’n paar jaar gelede, was die eerste saadjie wat uiteindelik gegroei het tot Nataniël se nuutste vertoning.

Van familiegeheime, agterdog, beeldskone vreemdelinge, oorsese reise, legendariese rolprente, tydlose radiotreffers tot uitbundige modes en die mees dramatiese ontwerpe! Met stories in beide Engels en Afrikaans, asook musiek, baie musiek, splinternuut en ses dekades oud.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en Wernd van Staden (tjello).

Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.

Geen pouse
Geen selfone
Geen kortbroeke
Geen kinders onder 15
Kaalkopwinkel in die foyer