
Nataniël – ROME ’62
ROME ’62
Ná ’n uitverkoopte speelvak in Oktober 2023, keer Nataniël in Januarie 2024 terug na die Atterburyteater, Pretoria, met nog 6 vertonings van ROME ’62.
By ’n kermis in die Vrystaat is daar ’n stalletjie waar tweedehandse klere verkoop word. Tussen die rye moeë kledingstukke hang ’n besonderse uitrusting, handgemaak deur ’n gesogte Italiaanse ontwerper. Hierdie ontdekking, ’n paar jaar gelede, was die eerste saadjie wat uiteindelik gegroei het tot Nataniël se nuutste vertoning.
Van familie-kwessies, agterdog, onthullings, oorsese reise, legendariese rolprente, tydlose radiotreffers tot uitbundige modes en die mees dramatiese ontwerpe! Met stories in beide Engels en Afrikaans, asook musiek, splinternuut en ook ses dekades oud.
Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en Wernd van Staden (tjello).
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
ROME ’62
Atterburyteater
Vanaf Dinsdag 30 Januarie tot Sondag 4 Februarie 2024
Begin die jaar letterlik op ’n hoë noot, bespreek nou by www.seatme.co.za
Geen pouse
Geen selfone
Geen kortbroeke
Geen kinders onder 15
Kaalkopwinkel in die foyer
Kroeg sluit 15 minute voor die vertoning