Nataniël – MASS FOR THE GOOD PRINCES – Aangebied deur Atterbury Klassiek
MASS FOR THE GOOD PRINCES
Aangebied deur Atterbury Klassiek
Nataniël se roerende komposisie, MASS FOR THE GOOD PRINCES, is in Oktober verlede jaar vir die eerste keer uitgevoer en die emosionele reaksie en terugvoer was oorweldigend, werklik ’n unieke gebeurtenis.
Hierdie Mis is gebaseer op die klassieke struktuur van ’n gewyde komposisie met ses dele en is ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ‘n nuwe generasie. Die Mis word in Latyns en Engels gesing, met vertellings en beskrywings in Afrikaans.
MASS FOR THE GOOD PRINCES word op publieke aandrang op 20 April by die Atterburyteater aangebied as deel van Atterbury Klassiek
Soos voorheen deel Nataniël die verhoog met Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawerbord), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme + perkussie) en die Akustika Kamerkoor onder leiding van Christo Burger.
Onmisbaar! Bespreek nou!
60 minute
Geen pouse
Geen selfone
Geen kinders