Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde GESELS-reeks! GESELS 2023 word aangebied op Saterdag 1 April by die Atterburyteater!
Soos elke vorige jaar, het GESELS 2023 ’n splinternuwe tema: “Pyn, Poeding en Predikers”.
Dit wat ons beleef en dikwels wegsteek, dit wat ons hoop of vreugde gee en diegene wat ons inspireer (en ook dikwels laat verdwaal!), dit is wat ons pootjie of laat oorleef. Maar waar is presteer en floreer in hierdie prentjie? Drie van die grootste bakens van ’n hedendaagse bestaan word uit alle hoeke bekyk.
Met stories, humor, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël hierdie yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
Geen kinders onder 15.
Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, tuisgebak, geskenke, kerse en kombuisolies in die foyer!
Welkom by die Fairtree Atterbury Teater se webtuiste.
Nataniël GESELS “Pyn, Poeding + Predikers”
Buy Tickets - 290 ZAR
GESELS 2023