Nataniël – GESELS 2024
GESELS 2024
Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde en vinnig-groeiende GESELS-reeks!
GESELS 2024 word op Saterdag 29 Junie vir twee ekstra praatjies aangebied by die Atterburyteater!
Soos elke vorige jaar, het GESELS 2024 ’n splinternuwe tema:
“Angs, prestasie, nóg angs en sjokolade”.
Wat presies beteken die woord, “presteer”? Deur wie word dit bepaal? Hoe word dit gemeet? Is dit enigsins nodig? Wat is die beloning? Wat is die prys wat betaal word?
Hierdie fassinerende onderwerp word van alle kante bekyk met verassende, insiggewende, selfs skokkende nuwe ontdekkings.
Met stories, humor, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël hierdie yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!
Geen kinders onder 15.
Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse en kombuis-olies in die foyer!