
Moedersdag met Elvis Blue
Atterbury Theatre
4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081
Vergeet van die slymerige roereiers en koue toast. Vier Moedersdag anders, nee, beter hierdie jaar en kom vier Moedersdag saam met Elvis Blue. Laat Suid Afrika se gunsteling liedjie skrywer die dag vir julle besonders maak en jou help om uit te styg bo die clichés van Moedersdag. Sy unieke styl, outentieke waarnemings en hartsmusiek skep die vooruitsig van ‘n middag wat sy nie gou sal vergeet nie.