Skip to content
Mimi-Facebook-1.jpg

Mimi sing Mimi – Amira Willighagen & Charl du Plessis

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 290 ZAR

Amira Willighagen het bekendheid verwerf toe sy Holland’s Got Talent op die ouderdom van 9 in 2013 gewen het. Sedertdien het sy saam met vooraanstaande kunstenaars gewerk en het sy selfs saam met die wêreldbekende André Rieu en sy orkes verskyn.

Sy het in 2020 na Suid-Afrika verhuis en het pas met top akademiese kleure gematrikuleer. Amira het die bynaam Mimi en haar fassinasie met Kammersängerin Mimi Coertse het gelei tot hierdie huldeblykkonsert: Mimi sing Mimi.

Amira se liefde vir die Afrikaanse taal word vertoon in ‘n keur van die bekendste ou Afrikaanse volksliedjies wat deur Mimi Coertse bekend gemaak is, onder andere: O Boerplaas, Die Berggans en Heimwee. Die program sal ook ‘n keur van Lieder en bekende arias uit die wêreld van opera en operette insluit.

Amira tree op saam met die pianis en Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, wat die musikale regisseur vir hierdie duo-uitvoering is.