Skip to content
TROU FACEBOOK BANNER

Mel die Storieverteller & Corlea in TROU

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 250 ZAR

Komediant, Mel die Storieverteller, en Sangeres, Corlea, smelt hul talente saam om ‘n onvergeetlike vertoning vol sang en stories met die Atterbury gehoor te deel. Mel is pasgetroud en Corlea verloof, maar jy hoef nie ‘n ring aan die vinger te hê om te kan gesels oor troues nie. Ons almal was al by een, of dit nou zef, styf, kitsch of rerig rof was – troues is die broeiplek vir tradisies, nuwe liefdes en familielede se grootse skandale. Dis natuurlik ook die geleentheid waar ons sien of geld styl kan koop of nie. Mel deel humoristiese staaltjies vanuit haar eie trou- en wittebrood album en Corlea sing ‘n paar bruilofgunstelinge, moet asseblief net nie ‘n ‘Tant Koek se Hoenderhaan’-duet verwag nie, maar verwag wel lekker interaksie tussen die twee vroue en sterk opinies oor gastelyste, dekor en spanks. Kry julle kaartjies en luister die Grease medley op pad na die vertoning – dit beloof om ‘n heerlike fees te wees.
#MelCorTROUE