Skip to content
2 Mei • 1900 • (6)[4]

Mel die Storieverteller – Almal is MAL!

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 180 ZAR

Almal is MAL! spring uit die pen van skrywer en sosiale media sensasie, Mel die Storieverteller. Die debuut vertoning verkoop uit by die Atterbury teater en is ‘n reuse sukses met 400 gehoorlede wat skater van die lag. Vir Pretorianers wat nie in die week kon uitkom nie – hier is nou ‘n naweeksaand opvoering vir jou gerief.

Die komiese teks vertel van Mel se ervaringe in Londen as ‘n 21-jarige konserwatiewe meisie en hoe sy vinnig besef het dat almal in die wêreld eintlik mal is (party steek dit net baie beter weg as ander). Mel deel humoristiese staaltjies oor die drie wesens saam wie sy ‘n kamer moes deel, hoekom sy matte bo teëls verkies en die vier vlakke tydens ‘n huis partjie. Sy stel ook haar dronk alter-ego, Melissa, aan ons voor.

Die grappies is skerp en vinnig op mekaar. Daar is ook altyd plek vir ‘n bietjie gehoor interaksie en geselsies.

Geen onder 16s.