Skip to content
FACEBOOK - kooscohenrbgfbd

Leonard Cohen vir die Afrikaanse Siel – met Koos van der Merwe

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 180 - 220 ZAR

Eers was die meeste Leonard Cohen aanhangers skepties, “Hoe kan enige iemand waag om Cohen se onvergelykbare poëtiese lirieke in Afrikaans te vertaal?” Maar skeptisisme het gou verander in verwondering, en die album was ’n ongekende sukses.

Dis nou ‘n dekade later en gehore is opnuut in vervoering oor Koos van der Merwe se nuwe Afrikaanse akoestiese weergawes van Treffers soos “Dance Me To The End Of Love”, “Suzanne”, “Hallelujah” en “Famous Blue Raincoat”.

‘n Middagkonsert met die betowerende melodieë van Cohen, Koos se Afrikaans soos die siel daarna verlang, ook sy eie gedigte en soms droë, humoristiese vertellinge, is ‘n afspraak soos min. Dalk, as jy begin oorgee en toelaat dat die diep melankoliese jou meesleur, sal jy nie net peinsend in verwondering stil wil sit nie, maar voel dis tyd vir rooiwyn en ‘n lang stadige dans.