
LAERSKOOL NOORD – ‘n Komedie met Marion Holm, Margit Meyer-Rodenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee
LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT, maar in hierdie lekker lag produksie is dit alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede. Tussendeur die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier met haar glitter stickertjies en sticky notes is hierdie ‘n personaalkamer ‘n tikkende tydbom. Nou wag ons net vir Meneer van der Wat om aan te kondig wie is die nuwe hoof van Laerskool Noord.
LAERSKOOL NOORD is ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Ilne Fourie as teksskrywer, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters in dat jy sonder twyfel een van jou oud-onderwyseresse sal herken.
Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok.
Die produksie word geskep in samewerking met Vrystaat Kunstefees en Aardklop en NATi.