Skip to content
Nadia-Event-Banner-Final

Kom Sorteer Lag Lag Jou Lewe Uit

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 250 ZAR

Kom sorteer lag lag jou lewe uit saam met die welbekende aktrise en tv-aanbieder Nadia Beukes, kasbeplanner en stillis Nadia Potgieter, entrepreneur en besigheideienaar Rhona Erasmus asook radio omroeper en motiveringspreker Suné-Chari Sutton.

Met spesiale gaste:
Komediant Hannes Brümmer en sangeres Nariska Zietsman.

Die oggend gaan propvol lag, deel, hoop en bederf wees, als ter viering van Vrouwees. Ons vat hande met die Blissful Cleft Foundation om bewusmaking te skep oor Spleet defekte en gebruik graag die geleentheid om geld in te samel om vir nog ‘n kind ‘n vir ewig glimlag te kan skenk.

In samewerking met Die Atterbury Teater en GROOTfm is die dag spesiaal beplan om saam as vrouens ons glimlagte te kan vier.

Met spesiale dank aan Deetlefs Wine Estate, Pretoria Products Shop, Stephnie’s, Rooi Rose, Hannon, Trouvaille Boutique Spa, Konfetti Love, One Fine Day, Gary Rom Hairdressing, Mellow Clinic, Nova Medical Aesthetics & Lamelle wat reg staan om elkeen te bederf met als van gekenkpakke tot ‘n in-huis markie, verwelkomingsdrankies en die heerlikste kolwyntjies.

Moenie die oggend misloop nie! Bespreek julle kaartjies aanlyn by die Atterbury Teater vir 9 Augustus en kom sorteer jou lewe lag lag uit.

Deure open reeds 9:30 vir verwelkomingsdrankies en ‘n ligte versnappering wat ingesluit is in jou kaartjie prys.