Skip to content
Klopjag_OnsWasAlBySunCity_Event Artwork_1200_x_628_Mei_4

Klopjag – Ons was AL by Sun City

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 250 ZAR

Op Saterdag 4 Mei is Klopjag terug vir een aand by die Atterbury Teater met hul nuwe produksie – Ons was AL by Sun City.

Klopjag is al besig om gedagtes in liedjies te omskep wat oor die afgelope 22 jaar ingebrand is in die kollektiewe geheue van Afrikaanse gehore.

In hierdie produksie neem hulle die gehoor saam op ’n toer van ou liedjies maar nuwe stories wat ’n nuwe perspektief gee aan ou staaltjies. Nou baie jare later word individuele betekenis gegee aan waar hulle was toe dit geskryf was en ook aan die gehoor oor waar elkeen was toe hulle dit die eerste keer gehoor het.

Die produksie is in ware Klopjag styl soos ’n getoetsde familie potjiekosresep. Die bestanddele is oor die jare verfyn, en getoets. Met dit in gedagte verwag die regte hoeveelheid musiek, stories, bietjie lag, bietjie huil, klein verrassings en saamsing soveel as wat jy wil!

Saterdagaand 4 Mei 2024 is Klopjag in die dorp, moet nie hierdie “One Night-Only” – vertoning mis nie – want hulle was AL by Sun City.