Skip to content
Facebook

keelVOL – Germandt Geldenhuys & Je-ani Swiegelaar

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 200 ZAR

Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ‘n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ‘n gordyn van sarkasme en harde werk. Mariëtte Labuschagne werk in ‘n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ‘n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en “perform”. Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met n grappie of ‘n storie en sy is altyd
ongeremd. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ‘n resep vir ‘n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde kykNet sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as Sr Naomi Koster in Binnelanders) maak weereens hulle verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.

Dié produksie het al gehore regoor SA, Namibië en Botswana bekoor, en hul ore, lagspiere, traankliere en harte aangeraak. Dié verhoogstuk het al 100+ vertonings beleef en omtrent dieselfde hoeveelheid staande ovasies. Vir die eerste keer in jare, is hierdie vertoning weer terug in Pretoria by die geliefde
Atterbury Teater.

Kom wees deel van ‘n unieke teater-ervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ‘n wêreld wat jou soms wil stilmaak.