
Johan Liebenberg – Neil Diamond Love Songs
Die wêreldberoemde Neil Diamond roer al vir dekades lank musiekliefhebbers se harte met tydlose melodieë soos Cracklin’ Rosie, Sweet Caroline, Beautiful Noise, en Song Sung Blue ondermeer.
Hierdie Valentynsdag trek Johan Liebenberg ‘n nuwe baadjie aan in ‘n eens in ‘n leeftyd Neil Diamond vertoning by Atterbury Teater.
Neil Diamond se talryke treffers strek egter verder as net dié wat ons gereeld saamsing. Daar is byvoorbeeld Lady Oh, wat hy geskryf het vir ‘n sangeres na wie se musiek hy in die aande na werk geluister het en If You Know What I Mean, wat sing oor twee mense wat oor die ou dae en ou liefde gesels. Daar is die melankoliese Love on the Rocks wat eensaamheid en die einde van ‘n liefdesverhouding beskryf en die klassieke weergawe van I’m a Believer wat die luisteraar laat besef dat dié liedjie eintlik ‘n pragtige huldeblyk is aan die liefde en nie net ‘n tafeldans-lied is nie.
Stones, Play me, Hello Again. Let Me Take You in My Arms Again, September Morn, I’ve Been This Way Before, Girl You’ll be a Woman Soon, The Story of My Life en vele meer.
Johan Liebenberg en orkes, bestaande uit Denny Lalouette, Ryamond Green, Vinnie Henrico, Liezl Henrico en Sean Butler beloof ‘n aand vol liefde en musiek. Moet dit nie misloop nie!