
Jannie du Toit – Bonjour Monsieur Brel
Bonjour Monsieur Brel
’n Reis deur die ideë-wêreld van ’n briljante dromer
(In Afrikaans, Frans, Engels, Nederlands)
Jacques Brel: Alle musiek en Franse tekste
Tjello: Susan Mouton
Klavier en akkordeon: Chanie Jonker
Juanita Swanepoel: Samestelling en bindtekste
Clinton Zerf, Matthys Maree: Musiekverwerkings
Naòmi Morgan en Bernard Odendaal: Afrikaanse vertalings en teksversorging
In Bonjour Monsieur Brel word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble van klavier, tjello en kitaar. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien deurgaans ’n rol in aanbiedinge soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn. Sy mees onlangse optrede in ’n Brel-produksie was Brel in Brooklyn in 2010, weer saam met Laurika, met Christa by die klavier en Sergio Zampolli as akkordeonis. Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later – vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk.
Brel se geniale beeldende skryfwerk kom in die vertoning na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ’n lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom sy genialiteit ewe sterk na vore in al vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.
RESENSENTE OOR BONJOUR MONSIEUR BREL
Paul Boekkooi:
Ervaar dié grensloos magiese Brel-aand
Enigiemand met ‘n verwysingsraamwerk rondom die egte Brel, sal saamstem dat ….. hierdie een van die blinkste Brel-aanbiedinge is wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was.
Jannie du Toit se voordrag en sang rondom Brel is presies waar dit moet wees: Idiomaties ryk en genuanseerd, met puik diksie….
Ons het lank vir só ‘n gehalte-aanbieding gewag. Ervaar die grensloos magiese daarvan.
Lesley Stones – Freelance journalist, Daily Maverick
Bonjour Monsieur Brel is a fine show spanning a collection of the Belgian musician’s work in English, French, Dutch and Afrikaans. They’re brought to rip-roaring life by Jannie du Toit, who performs them with the spitting, striding intensity that the man himself would approve of
Du Toit is superb, with the gravitas and vocal power to do the songs justice. The music is provided brilliantly by Susan Mouton on the cello and piano and Chanie Jonker on piano and accordion.
Herman Meulemans, Litnet (Tinnenpot-teater, Gent)
Jannie heeft een stemtimbre dat zich buitengewoon goed leent voor gevoeligheid en tederheid ……… Maar hij kan halsoverkop overschakelen naar een totaal ander register, waar ritme de toon aangeeft, zoals in La valse à mille temps, of ongeduld, zoals in Madeleine, of zeemansgebral, zoals in Dans le port d’Amsterdam. … De talen die hij gebruikt: het Frans, Afrikaans, Engels en Nederlands, vloeien als het ware samen tot één taal, die Jacques Brel doet uitgroeien tot een universeel zanger, dichter en woordkunstenaar.