Skip to content
FACEBOOK - jakkals en berg 2

Jakkals en Berg (Bella Musica) – Jakkie Louw & Charlize Berg

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 230 ZAR

Na die jare lange sukses van Jakkie Louw en Kevin Leo se produksie genaamd Jakkals en Leo, is Jakkie Louw terug met nog ‘n asemrowende produksie. Dié keer saam met die talentvolle sangeres Charlize Berg.

Charlize het 16 jaar gelede op die ouderdom van 16, die eerste keer “My Way” saam met Jakkals en Leo gesing. Natuurlik was sy die eerste keuse om hierdie pragtige produksie se volgende hoofstuk mee af te skop. Die kombinasie werk eenvoudig perfek en hoort in ons land se beste teaters.

Hulle produksie, Jakkals en Berg bestaan uit pragtige duette tussen Jakkie Louw se rasperstem en Charlize Berg se suiwer stem. Van die wêreld se mooiste duette kan verwag word soos bv. Liedjie Vir Jou, Shallow, Bella Musica en nog vele meer.

Hierdie produksie het werklik daardie “wow factor” en is elke jaar beslis ‘n moet-sien hoogtepunt. Die kombinasie van hulle twee unieke stemme smelt besonders saam. Die vermaak agter hulle karakters op die verhoog is ook wêreld-klas. Jakkals en Berg is te sien op 30 November by Atterbury Teater. Hierdie is die perfekte konsert vir ‘n romantiese aand uit, jaareindfunksie of om sommer net lekker te ontspan.

Bespreek jou kaartjies vandag nog en wees deel van Jakkals en Berg se pragtige musiek (Bella Musica) geleentheid.