Skip to content
FACEBOOK - jdp

Jak de Priester – Die Hartkamer

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 230 ZAR

In Somerset-Wes het Jak de Priester in sy studio die Hartkamer teater waar hy sy liedjies skryf en sy kreatiwiteit vlerke gee. Hy bring die Hartkamer na die Atterbury Teater toe.

Na baie jare as liedjieskrywer en storieverteller vind hy sy land, Suid-Afrika, steeds ‘n onuitputbare bron van stories. En soos goeie wyn, raak Jak de Priester al hoe beter daarin om sy eerste liefde – musiek en stories – aan die gehoor te bring. Kom luister na ‘n klomp nuwe liedjies uit sy pen soos Lientjie, Meer en Minder, Kaap is eer Hollands en vele meer!