Skip to content
1200x628

Helene Bester sing Nana Mouskouri

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 200 - 250 ZAR

Helene Bester bring in haar produksie – Helene Bester sing Nana Mouskouri – hulde aan hierdie ikoniese Griekse sangeres. Bester se produksie is onder groot toejuiging by die Oppiwater Kunstefees in 2019 bekendgestel en toer sedertdien die land vol. Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser. Die produksie word op Donderdag, 1 Augustus om 19:00 in die Atterburyteater in Pretoria aangebied. Vir besprekings, besoek www.seatme.co.za.

“Ek het nog altyd daarop gehoop om ‘n Nana-vertoning te doen. Ek is so mal oor haar stem en ek en my sussie het met haar musiek groot geword” vertel Helenè. “Ons het rerig gedink dat sy ‘n vriendin is van my ma. My ma en sy lyk so eenders. Tog dink ek dat die tyd nou eers ryp is vir my, om die vertoning te doen. Ek glo nie dat ek hierdie musiek so goed sou kon interpreteer 10 jaar terug nie. My stem is ook ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind. ”Ek’t haar musiekvideo’s “opgeswot” om te kyk hoe sy beweeg op die verhoog, wat sy met haar hande doen en hoe sy ‘n gehoor aanspreek. Mens wil dit tog so geloofwaardig moontlik maak.” Regisseur Frans Swart stem saam: “Toe Helene my oor hierdie projek nader, was ek dadelik opgewonde. Wie dan nou beter as die talentvolle Helene om hulde te bring aan die tydlose en elegante Nana Mouskouri?”