Skip to content
Copy of Copy of event banner 1200x628 - 1

Hans Steek die Rubicon Oor – Charlie Bouguenon

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 200 - 220 ZAR

Op 90 is Hans nog springlewendig. Sy kinders boender hom egter vanuit hul tuistes in die buiteland uit sy lekker huis in die Kaap in Huis Madeliefie in. Hans se vindingryke pogings om uit Huis Madeliefie te ontsnap, word deur sy kinders en ‘n drakoniese matrone in die wiele gery. Maar Hans laat hom nie voorskryf nie, en sy rebelsheid het geen keer nie. Vinnig is daar groot konsternasie in die tehuis. Hans se vele, en soms verdagte, nuwe vriende sorg vir groot pret en heelwat moeilikheid. Van daggakoekies en ‘n boeremafia tot ontkleedansers en protesaksies, word Huis Madeliefie en sy inwoners onderstebo gekeer.

Hans se storie is ‘n storie van ons tyd. Sy omstandighede is dié van vele ouer Suid-Afrikaners wie se kinders die land verlaat het. Hans se manewales sal ouer en jonger gehore laat skaterlag.

Kreatiewe Span:
Regie: Lizz Meiring
Verwerking: Francois Toerien met verdere versorging deur Lizz Meiring
Akteur: Charlie Bouguenon
Verhoogbestuur en tegniese versorging: Jak J. Brits
Klankbaan ontwerp: Wesley West
Kostuums: Hollywood Costumes