Skip to content
IMG-20221111-WA0037

Felias en Pokkel 2 – Die Tandemuis kry ‘n Blaaskans

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 120 ZAR

Na ‘n suksesvolle jaar se toer van Jakkie Louw se populêre poppekas, Felias en Pokkel, is Jakkie terug met die tweede Jaco Jacobs boek in die reeks – “Die Tandemuis kry ’n blaaskans.

Met ’n Tandemuis wat lyk nes Elvis Prestly, Felias met sy slim sê-goed en Pokkel wat die oulikste stoutste muisboetie is.

Gaan die twee muisboeties die Tandemuis ’n blaaskans kan gee? Sal Patat die kat hulle kan vang? Borsel Vrottie kokkerotie sy tande en waar kruip Chris die Verkleurmannetjie hierdie keer weg. Eeeejonkie Donkie sing selfs ’n Donkie liedjie—oooooh die donkie is ’n wonderlike ding.

Hierdie poppekas is fantasties vir jou kind en die ouers geniet die humor lekker saam.
Bespreek nou vir Jakkie Louw se treffer poppekas konsert “Die tandemuis kry ’n blaaskans”.
Onthou net om jou tande te borsel!!