Elvis Blue – Dis Wie Ek Wil Wees
Die immer gewilde en immer groen Elvis Blue kyk met hoopvolle opgewondenheid die toekoms in, met ‘n nuwe produksie om gehore mee te betower. “Dis Wie Ek Wil Wees” verken die amper skynheilige gaping wat elke eerlike mens ervaar tussen die persoon wat ons wens ons was en wie ons werklik is.
Gevra oor sy fasinasie met dié onderwerp meen Elvis: “Ek het dikwils ‘n prentjie in my gedagtes van die tiepe mens wat ek wil wees. Die tipe pa, man, broer of vriend. Ek sou byvoorbeeld graag meer selfbeheersing of waagmoed wou hê. Ek skryf dikwils oor die temas en hoop om in die vertoning van die liedere en temas te verken. Niemand van ons is immers wie ons werklik wil wees nie, maar almal van ons bly hoopvol daaroor!”
Met sy besonderse gawe vir outentieke opregtheid neem Elvis die gehoor op ‘n reis wat hierdie dissonansie met musiek en stories uitbeeld.