Corlea – Oos Wes, Tuis Bes
Corlea – ‘n huishoudelike naam vir meer as 10 jaar in die Afrikaanse Musiekindustrie.
Nie net is haar konserte suksesvol op eie bodem nie, maar het sy ook onlangs geleenthede gekry om oorsee op te tree en sy het dit met altwee hande aangegryp. Met gehore van meestal Amerika en Brittanje, het sy ook gereis na Frankryk, Italië, Turkye, Griekeland, Australië en selfs Antarktika om op te tree! Een ding onder elke gehoor was verseker – “hulle het nog nooit so ‘n stem gehoor nie”!
Nou is Corlea terug (vir ‘n rukkie), en wil haar stories en musiek met jou kom deel met ‘n opwindende mylpaal in haar loopbaan – ‘n video en klankopname in een van haar gunsteling spasies – die Atterbury teater!
Met ‘n 5-stuk orkes kan die gehoor kom luister na van die grootste Engelse treffers op ‘n vars en nuwe manier, asook van haar eie Afrikaanse musiek wat elke aanhanger wil hoor!
Selfs met Beurtkrag, die swak Rand, en slaggate groter as die pad, wil Corlea sê – Oos Wes, Tuis bes!
Hierdie vertoning speel slegs vir een aand! Jy wil dit nie misloop nie!