CLARA – Nina Schumann en Carla Smith
Teks: Riana Scheepers
Regie: Niël Rademan
Ontwerp: Lindi-Heila Smit
Met Nina Schumann (pianis) en Carla Smith (aktrise).
‘n Klein meesterstuk van formidabele talente: Pianis Nina Schumann en aktrise Carla Smith vertolk die romantiese, avontuurlike, merkwaardige lewe van Clara Schumann in die produksie Clara..
Dié nuutgeskrewe drama oor die lewe van komponis en pianis Clara Schumann – beter bekend as Robert Schumann se vrou – is geskryf deur die meesterverteller, Riana Scheepers. Die heldhaftigheid waarmee Clara Schumann haar loopbaan as pianis uitgebou het, is merkwaardig. ‘n Lewe van passie, liefde, tragiek, maar boweal uithouvermoë word in Afrikaans aangebied, begelei met die universele taal van musiek.
Nina Schumann (soos Madame Clara ook pedagoog en konsertpianis) verklank Clara se storie met klaviermusiek wat deur komponiste Robert Schumann, Johannes Brahms (Clara geliefde vriend), en natuurlik werk van Clara Schumann self.