Brel & Piaf ‘n Kabaret met André Schwartz & Amanda Strydom
Atterbury Theatre
4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081
André en Amanda gedenk twee van die wêreld se grootste kunstenaars: Jacques Brel en Edith Piaf. Hulle sing/vertel van liefde, die dood, oorlog en oorwinning. Liedjies soos Marieke, Ne Me Quitte Pa, Seasons in the Sun, Autumn leaves en ‘n legio ander word vertolk deur twee van ons land se gewildste kunstenaars, onder meesterlike begeleiding deur Coenraad Rall.
“Brel/Piaf is soos ’n stukkie brokaat wat in die gehoorlid se palm neergelê word. ’n Mens is amper te bang om die hand toe te vou. Dit is kleinkuns op sy beste en dit is juis die teerheid en eerlikheid van hierdie produksie wat ’n mens noop om weer na die loket te haas en nóg ’n kaartjie te koop.” – Kobus Burger