Hierdie is ‘n nostalgiese terugblik op 20 jaar van road trips, grondpaaie en kronkelpaaie. Never a dull moment. En uit elke avontuur word daar ‘n song gebore. Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ‘n program van oorspronklike musiek uit haar eie pen. Die gehoor kan uitsien na liedjies wat sy opgeneem het die afgelope 20 jaar, o.a. “Pers”, “Te lank al” en “Die Gypsy in jou oë”. Daar is musiek van haar nuutste album ‘Moment’ en ook gunsteling songs uit haar vroeër swing repertoire wat gereeld versoek word.
Oor meer as 20 jaar het Anna Davel haarself gevestig as ʼn Suid Afrikaanse sanger- liedjieskrywer van formaat, met 9 hoogaangeskrewe albums agter haar naam. Hoogtepunte sluit in: 4 SAMA nominasies en een SAMA toekenning (2006) vir Beste Afrikaanse kontemporêre album asook nominasies vir verskeie ander gesogte nasionale nominasies en toekennings (Geraas, Ghoema, Kanna, Woordtrofee, Tempo etc.).