Close
Skip to content

Hibernasie Stasie

Pop-up Winkel

Ons winkel-tye Maandag - Vrydag:
10:00 - 16:00

Hibernasie Stasie Pop-up Winkel

Wat is die Pop-up winkel?

Die opwip-winkel het op 27 Januarie 2021 in die teater se voorportaal geopen. Ons spog met dekor items, koffie produkte, klere, klei- en leerjuweliersware, keramiek, kinderboeke en nog vele meer!
Die winkel se deure is oop vir ieder en elk en ons nooi julle graag uit daarna!

Saam met die winkel het ons Atterbury Teater Motorwas in die parkering begin by ons teater se afleweringsdeur. Met hierdie konsep ondersteun ons ons skoonmaakpersoneel. Jy kan uitsien na ‘n wagarea met banke en e-konserte wat op televisieskerms speel of jy kan rustig deur die pop-up winkel loop terwyl jou motor ‘n welverdiende was kry.

Saam wil ons ‘n verskil maak en vir tyd-en-wyl, tot ons weer ten volle kapasiteit vertonings kan aanbied, hande vat om saam deur die tyd te kom.

Hibernasie Stasie Pop-up Winkel