Skip to content
FB ARTWORK - SB

Transpirant – Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Kaartjies - 200 ZAR

Dis eenvoudig. Schalk Bezuidenhout en Bennie Fourie het hulself vir heeltemal te lank saam ‘n tru-projektor in ‘n kamer toegesluit. Die resultaat is ‘n sketskomedie wilder as daai matrieklaaitie wat uitgehaak het en sy hare swart gedye het. Propvol improvisasie, bietjie struktuur, ‘n liedjie of twee en een ongemaklike stilte. Jy gaan presies dieselfde uit die show uitstap. Net ligter.

“Dit is nogal snaaks.” – subjektiewe gemeenskaplike vriend.

Meer oor Bezuidenhout en Fourie: Die komedie duo was verantwoordelik vir baie van die lag in Hotel, beide is baie selfbewus as hulle vir ander mense moet braai en hul het baie uiteenlopende maniere van vakansie hou.