Skip to content
Close
ROCCO SPEEL JIM MULLER, HANSIE ROODT & NICO CARSTENS

ROCCO SPEEL JIM MULLER, HANSIE ROODT & NICO CARSTENS

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Tickets

Boeremusiek op die klavier – Die pianis Rocco de Villiers en sy orkes toor met die gewilde keurspele van Jim Muller. Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi”, “Warm Snare” van wyle Hansie Roodt Snr, Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus, word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Hierdie moenie-mis-konsert is ’n huldeblyk, ’n reis van nostalgie en ’n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet. Voeg daarby ’n uitgevatte orkes, Rocco se sin vir humor en die voete begin te jeuk.

Die cd van die musiek in die konsert beskikbaar by die deur. Asook ROCCOROCCO sokkies, musiekboeke en speelgoedklaviere.