Skip to content
Facebook - vrou op dak G

Je-ani Swiegelaar – Die Vrou Op Die Dak

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Buy Tickets - 180 - 200 ZAR

René Niewoudt besef sy is op die punt om alles te verloor, insluitend: haar man, haar lewe en haar huis. Die stootskrapers en slopingsvoertuie arriveer om haar lewe om te dolwe en sy word tot op breekpunt gedruk.
In ‘n desperate poging om die verlies uit te stel (en hopelik af te stel), klim sy tot bo op die dak van haar huis. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nes geskrop het, waar hulle kinders grootgemaak het…
Van hier bo af, besin sy oor haar lewe, haar liefde, haar man, haar kinders, en die algehele redes vir haar bestaan. Sy baklei met bure, omstaanders, selfs die demolisie-span wat in afwagting staan en wag vir haar terugkoms aarde toe. Hoe lank kan sy daar bo bly?
Van hier bo af lyk die wêreld heel anders.
En wie weet? Miskien kan hierdie uitkyk, vir haar ‘n nuwe uitkyk gee.
——-
Je-ani Swiegelaar (Naomi Koster in Binnelanders op kykNET) wat geen bekendstelling aan teater-gehore nodig het nie, vertolk die rol van René Nieuwoudt, ‘n vrou op die rand van ‘n moontlike afgrond. René is ‘n komplekse, dog eenvoudige vrou – met net één doel voor oë: behoud.

Hierdie eenvrouvertoning, uit die pen van Germandt Geldenhuys (Louis Koster in Binnelanders op kykNET), is ‘n humoristiese, insiggewende, eerlike en soms absurde kyk na een vrou se innerlike reis op die dak van haar huis, in die woonbuurt waar sy haar hele getroude lewe lank bly.

Kritici het hierdie reeds as ‘n “stervertoning” vir Swiegelaar bestempel en haar vertolking as “buitengewoon en voortreflik” uitgewys.

Volgens één resensie is “…Die Vrou Op Die Dak ‘n teatrale meesterstuk wat komedie en tragedie
gemaksugtig vermeng…”

Kom kyk self waarom dié vrou op haar dak gaan bly sit… come hell or high water.
DIE VROU OP DIE DAK
Met: Je-ani Swiegelaar
Teks en Regie: Germandt Geldenhuys
Stelontwerp: RG Eco Services
Klank- en Beligtingsontwerp: Rehbart Geldenhuys