Skip to content
GESELS 2022

GESELS 2022 – Nataniël

Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Kaartjies - 290 ZAR

Nataniël keer terug na die verhoog met sy gewilde GESELS-reeks.

Twee praatjies word op Saterdag 2 April aangebied by die Atterburyteater.

Soos elke vorige jaar, het GESELS 2022 ’n splinternuwe tema: STORIES!

Die afgelope twee jaar worstel almal met (heel moontlik) die grootste gebeurtenis van ons elkeen se leeftyd. En soos die wêreld op sy kop bly staan, word elke siel meer bewus van homself en dié in sy onmiddellike ruimte.

Elke wese, van vaal tot kleurvol, stil tot uitgesproke, gebroke tot jubelend,  woedend tot dankbaar, loop wetend of onwetend rond met al die kenmerke van ’n goeie storie: Karakter, Krisis, Konfrontasie, Kindertyd en Keuses.

Met meer stories, meer humor, meer vrae, meer antwoorde, meer vermaaklikheid en meer erns vier Nataniël ons stories: Lewensverhale, Fabels, Geskiedenis en Openbaringe.

Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele!