Skip to content
Close
Elvis Blue

Elvis Blue

Elvis Blue
Atterbury Theatre 4 Daventry Street, Lynnwood Manor, Pretoria 0081

Tickets - 220 R

Elvis Blue- Meer as Genoeg

Met 3 platinum en 2 goue albums, ‘n lang lys top 10 treffers bly Elvis een van die hardwerkendste en besigste kunstenaars in Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ‘n sterk dryfveer. Sy gewildheid steek ook aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels of Afrikaans en om reg oor hierdie twee genres kwaliteit musiek te kan maak. Dit is moontlik omdat Elvis self al die pad van beide voorspoed en teespoed gestap het, wat hom die plat op die aarde aanslag in sy musiek gee waarmee soveel mense van elke sfeer van die lewe kan identifiseer.

Met die uitreik van “MEER AS GENOEG”, bewys Elvis homself weereens as ‘n baanbreker. Die album en die saamlopende produksie wat te sien sal wees in Maart 2022 by Atterbury Teater, gee krediet aan Elvis Blue se besonderse repertoire en bekoorlike stories wat sy lewenspad beskryf. Die album en produksie titel, “Meer as Genoeg” dui dat rykdom le in dit wat mens nie kan koop nie. Dis net die een wat bereid is om alles op te gee, wat kan se: Ek het meer as genoeg…..

Kom geniet n heerlike aand met Elvis Blue!